Google se privaatheidsbeleid

Wanneer jy ons dienste gebruik, vertrou jy ons met jou inligting. Ons verstaan dat dit 'n groot verantwoordelikheid is en werk hard om jou inligting te beskerm en jou in beheer te stel.

Hierdie privaatheidsbeleid is bedoel om jou te help verstaan watter inligting ons insamel, hoekom ons dit insamel en hoe jy jou inligting kan opdateer, bestuur, uitvoer en uitvee.

Privaatheidskontrole

Wil jy jou privaatheidinstellings verander?

Doen die Privaatheidskontrole

Effektiewe datum 04 Maart 2024 | Geargiveerde weergawes | Laai PDF af

Ons bou 'n reeks dienste wat miljoene mense daagliks help om die wêreld op nuwe maniere te verken en daarop te reageer. Ons dienste sluit in:

  • Google-programme, -werwe en -toestelle soos Search, YouTube en Google Home
  • Platforms soos die Chrome-blaaier en Android-bedryfstelsel
  • Produkte wat by derdepartyprogramme en -werwe geïntegreer is, soos advertensies, ontleding en ingebedde Google Maps

Jy kan ons dienste op verskeie maniere gebruik om jou privaatheid te bestuur. Jy kan byvoorbeeld vir ’n Google-rekening aansluit as jy inhoud soos e-posse en foto’s wil skep en bestuur of meer relevante soekresultate wil sien. En jy kan baie Google-dienste gebruik wanneer jy afgemeld is of selfs sonder om ’n rekening te skep, soos om op Google te soek of om YouTube-video’s te kyk. Jy kan ook kies om in privaatmodus deur die web te blaai, soos Chrome Incognito-modus wat help om jou webblaai privaat te hou van ander mense wat jou toestel gebruik. En jy kan in al ons dienste jou privaatheidinstellings aanpas om te beheer of ons sekere tipes data insamel en hoe ons dit gebruik.

Ons het voorbeelde, verduidelikende video's en definisies vir sleutelterme bygevoeg om dinge so duidelik as moontlik te verduidelik. As jy enige vrae oor hierdie privaatheidsbeleid het, kan jy ons kontak.

Inligting wat Google insamel

Ons wil hê jy moet verstaan watter soort inligting ons insamel wanneer jy ons dienste gebruik

Ons samel inligting in om beter dienste aan al ons gebruikers te lewer – van basiese dinge soos om uit te vind watter taal jy praat tot meer komplekse dinge soos watter advertensies jy die nuttigste sal vind, watter mense vir jou die belangrikste is aanlyn of watter YouTube-video's jy dalk van sal hou. Die inligting wat Google insamel en hoe dié inligting gebruik word, hang af van hoe jy ons dienste gebruik en hoe jy jou privaatheidkontroles bestuur.

Wanneer jy nie by 'n Google-rekening aangemeld is nie, berg ons die inligting wat ons insamel met unieke identifiseerders wat verbind word met die blaaier, program of toestel wat jy gebruik. Dit maak dit vir ons moontlik om dinge te doen soos om jou voorkeure vir verskillende blaaisessies te behou, soos jou voorkeurtaal en of ons vir jou relevanter soekresultate of advertensies op grond van jou aktiwiteit moet wys.

Wanneer jy aangemeld is, samel ons ook inligting in wat ons in jou Google-rekening berg en wat ons as persoonlike inligting hanteer.

Dinge wat jy skep of aan ons verskaf

Wanneer jy ’n Google-rekening skep, verskaf jy persoonlike inligting aan ons wat jou naam en ’n wagwoord insluit. Jy kan ook kies om ’n foonnommer of betaalinligting by jou rekening te voeg. Jy kan dalk kies om inligting aan ons te verskaf – soos ’n e-posadres om met Google te kommunikeer of opdaterings oor ons dienste te ontvang – selfs al is jy nie by ’n Google-rekening aangemeld nie.

Ons samel ook die inhoud in wat jy skep, oplaai of van ander mense af ontvang wanneer jy ons dienste gebruik. Dit sluit dinge in soos e-posse wat jy skryf en ontvang, foto's en video's wat jy stoor, dokumente en sigblaaie wat jy skep en opmerkings wat jy op YouTube-video's maak.

Inligting wat ons insamel as jy ons dienste gebruik

Jou programme, blaaiers en toestelle

Ons samel inligting in oor die programme, blaaiers en toestelle wat jy gebruik om by Google-dienste in te gaan. Dit help ons om kenmerke soos outomatiese produkopdaterings en die verdowwing van jou skerm as die batteryvlak laag is, te verskaf.

Die inligting wat ons insamel, sluit in unieke identifiseerders, blaaiersoort en -instellings, toestelsoort en -instellings, bedryfstelsel, selnetwerkinligting insluitend die diensverskaffernaam en foonnommer, en die program se weergawenommer. Ons samel ook inligting in oor die interaksie van jou programme, blaaiers en toestelle met ons dienste, insluitend IP-adres, omvalverslae, stelselaktiwiteit en die datum, tyd en verwyser-URL van jou versoek.

Ons samel hierdie inligting in wanneer 'n Google-diens op jou toestel ons bedieners kontak – byvoorbeeld, wanneer jy 'n program uit die Play Winkel installeer, of wanneer 'n diens vir outomatiese opdaterings kyk. As jy 'n Android-toestel met Google-programme gebruik, kontak jou toestel Google-bedieners van tyd tot tyd om inligting oor jou toestel en verbinding aan ons dienste te verskaf. Hierdie inligting sluit dinge in soos jou soort toestel en diensverskaffer se naam, omvalverslae, watter programme jy geïnstalleer het, en, afhangend van jou toestelinstellings, ander inligting oor hoe jy jou Android-toestel gebruik.

Jou aktiwiteit

Ons samel inligting in oor jou aktiwiteit in ons dienste, wat ons dan gebruik om dinge te doen soos om 'n YouTube-video waarvan jy dalk sal hou, aan te beveel. Die aktiwiteitinligting wat ons insamel, kan insluit:

As jy ons dienste gebruik om oproepe te maak en te ontvang of boodskappe te stuur en te ontvang, kan ons oproep- en boodskap-loglêerinligting insamel, soos jou foonnommer, gespreksgenoot se nommer, ontvangerparty se nommer, aanstuurnommers, stuurder- en ontvanger-e-posadres, tyd en datum van oproepe en boodskappe, duur van oproepe, herleidinginligting, en volumes van en soorte oproepe en boodskappe.

Jy kan jou Google-rekening besoek om aktiwiteitinligting wat in jou rekening gestoor is, te vind en te bestuur.

Jou ligginginligting

Ons samel ligginginligting in wanneer jy ons dienste gebruik. Dit help ons om kenmerke te bied soos rigtingaanwysings, soekresultate vir dinge in jou omgewing en advertensies wat op jou ligging gegrond is.

Afhangend van die produkte wat jy gebruik en die instellings wat jy kies, kan Google verskillende soorte ligginginligting gebruik om te help om van die dienste en produkte wat jy gebruik vir jou nuttiger te maak. Dit sluit in:

Die soort liggingdata wat ons insamel, en hoe lank ons dit berg, hang deels van jou toestel- en rekeninginstellings af. Byvoorbeeld, jy kan jou Android-toestel se ligging aan- of afskakel met gebruik van die toestel se instellingsprogram. Jy kan ook Ligginggeskiedenis aanskakel as jy 'n private kaart wil skep van waarheen jy met jou aangemelde toestelle gaan. En as jou Web- en App-aktiwiteit-instelling geaktiveer is, word jou soektogte en ander aktiwiteit in Google-dienste, wat ook ligginginligting kan insluit, in jou Google-rekening gestoor. Kom meer te wete oor hoe ons ligginginligting gebruik.


In sommige gevalle samel Google ook inligting oor jou in vanaf hulpbronne wat publiek toeganklik is. Byvoorbeeld, as jou naam in die plaaslike koerant verskyn, kan Google se soekenjin daardie artikel indekseer en dit aan ander mense wys as hulle jou naam soek. Ons sal dalk ook inligting oor jou insamel vanaf vertroude vennote, soos indeksdienste wat aan ons besigheidsinligting verskaf om in Google se dienste te wys, bemarkingsvennote wat aan ons inligting verskaf oor potensiële klante van ons besigheidsdienste, asook sekuriteitvennote wat aan ons inligting verskaf om beskerming teen misbruik te bied. Ons ontvang ook inligting van vennote af om namens hulle reklame- en navorsingsdienste te lewer.

Ons gebruik verskeie tegnologieë om inligting in te samel en te berg, insluitend webkoekies, piekselmerkers, plaaslike berging soos blaaierwebberging of programdatakasgeheues, databasisse en bedienerloglêers.

Hoekom Google data insamel

Ons gebruik data om beter dienste te bou

Ons gebruik die inligting wat ons van al ons dienste af insamel vir die volgende doeleindes:

Om ons dienste te verskaf

Ons gebruik jou inligting om ons dienste te lewer, soos die verwerking van terme wat jy soek om resultate te verskaf of om jou te help om inhoud te deel deur ontvangers uit jou kontakte voor te stel.

Om ons dienste te onderhou en te verbeter

Ons gebruik ook jou inligting om seker te maak dat ons dienste werk soos dit moet, soos om diensonderbrekings of foutsporingkwessies wat jy by ons aanmeld, na te spoor. Ons gebruik ook ons inligting om ons dienste te verbeter – byvoorbeeld, as ons weet watter terme die meeste verkeerd gespel word, help dit ons om speltoetskenmerke oral in ons dienste te verbeter.

Om nuwe dienste te ontwikkel

Ons gebruik die inligting wat ons in bestaande dienste insamel om ons te help om nuwes te ontwikkel. Byvoorbeeld, om te verstaan hoe mense hul foto's in Picasa, Google se eerste foto's-program, georganiseer het, het ons gehelp om Google Foto's te ontwerp en bekend te stel.

Om persoonlike dienste, insluitend inhoud en advertensies, te verskaf

Ons gebruik die inligting wat ons insamel om ons dienste vir jou te pasmaak, insluitend om aanbevelings, gepersonaliseerde inhoud en gepasmaakte soekresultate te verskaf. Byvoorbeeld, Sekuriteitkontrole bied sekuriteitwenke wat aangepas is by hoe jy Google-produkte gebruik. En, afhangend van jou beskikbare instellings, kan Google Play inligting gebruik soos apps wat jy reeds geïnstalleer het en video’s wat jy op YouTube gekyk het om nuwe apps waarvan jy dalk sal hou, voor te stel.

Ons kan, afhangend van jou instellings, ook vir jou gepersonaliseerde advertensies wys wat op jou belangstellings en aktiwiteit in Google-dienste gegrond is. As jy byvoorbeeld “bergfietse” soek, sal jy dalk advertensies vir sporttoerusting op YouTube sien. Jy kan beheer watter inligting ons gebruik om vir jou advertensies te wys deur na jou advertensie-instellings in My Advertensiesentrum toe te gaan.

  • Ons wys nie vir jou gepersonaliseerde advertensies wat op sensitiewe kategorieë soos ras, geloof, seksuele oriëntasie of gesondheid gegrond is nie.
  • Ons wys nie vir jou gepersonaliseerde advertensies op grond van jou inhoud in Drive, Gmail of Foto's nie.
  • Tensy jy ons versoek, deel ons nie inligting soos jou naam of e-posadres wat jou persoonlik by adverteerders identifiseer nie. Byvoorbeeld, as jy 'n advertensie vir 'n nabygeleë blommewinkel sien en die “tik om te bel”-knoppie kies, sal ons jou oproep deurskakel en dalk jou foonnommer vir die blommewinkel gee.

Om werkverrigting te meet

Ons gebruik data vir ontleding en meting om te verstaan hoe ons dienste gebruik word. Byvoorbeeld, ons ontleed data oor jou besoeke aan ons werwe om dinge te doen soos om ons produkontwerp te optimeer. Ons gebruik ook data oor die advertensies waarop jy reageer, insluitend jou verwante Google Search-aktiwiteit, om adverteerders te help verstaan hoe hul advertensieveldtogte vaar. Ons gebruik ’n verskeidenheid nutsgoed om dit te doen, insluitend Google Analytics. Wanneer jy werwe besoek of programme gebruik wat Google Analytics gebruik, kan ’n Google Analytics-klant kies om Google in staat te stel om inligting oor jou aktiwiteit vanaf daardie werf of program te koppel aan aktiwiteit vanaf ander werwe of programme wat ons advertensiedienste gebruik.

Om met jou te kommunikeer

Ons gebruik inligting wat ons insamel, soos jou e-posadres, om regstreekse interaksie met jou te hê. Byvoorbeeld, ons kan dalk 'n kennisgewing vir jou stuur as ons verdagte aktiwiteit bespeur, soos 'n poging om van 'n ongewone ligging af by jou Google-rekening aan te meld. Of ons kan jou in kennis stel van komende veranderinge of verbeteringe aan ons dienste. En as jy Google kontak, sal ons rekord hou van jou versoek om jou te help om enige kwessies wat jy dalk ervaar, op te los.

Om Google, ons gebruikers en die publiek te beskerm

Ons gebruik inligting om die veiligheid en betroubaarheid van ons dienste te help verbeter. Dit sluit in die bespeuring en voorkoming van en optrede teen bedrog, misbruik, sekuriteitrisiko's en tegniese kwessies wat Google, ons gebruikers of die publiek skade kan berokken.


Ons gebruik verskillende tegnologieë om jou inligting vir hierdie doeleindes te verwerk. Ons gebruik geoutomatiseerde stelsels wat jou inhoud ontleed om dinge soos gepasmaakte soekresultate, gepersonaliseerde advertensies of ander kenmerke wat aangepas is by hoe jy ons dienste gebruik, te verskaf. En ons ontleed jou inhoud om ons te help om misbruik te bespeur, soos strooipos, wanware en onwettige inhoud. Ons gebruik ook algoritmes om patrone in data te herken. Byvoorbeeld, Google Vertaal help mense om oor tale heen te kommunikeer deur gemeenskaplike taalpatrone in frases wat jy dit vra om te vertaal, te bespeur.

Ons kan die inligting wat ons insamel in al ons dienste en op al jou toestelle gebruik vir die doeleindes wat hierbo beskryf is. As jy byvoorbeeld, afhangend van jou beskikbare instellings, video’s van kitaarspelers op YouTube kyk, sal jy dalk ’n advertensie vir kitaarlesse sien op ’n webwerf wat ons advertensieprodukte gebruik. Afhangend van jou rekeninginstellings, kan jou aktiwiteit op ander webwerwe en apps met jou persoonlike inligting geassosieer word om Google se dienste en die advertensies wat deur Google gelewer word, te verbeter.

As ander gebruikers reeds jou e-posadres of ander inligting wat jou identifiseer, het, kan ons jou Google-rekeninginligting wat publiek sigbaar is, soos jou naam en foto, vir hulle wys. Dit help mense om byvoorbeeld 'n e-pos wat van jou af kom, te identifiseer.

Ons sal jou toestemming vra voordat ons inligting vir 'n doel wat nie in die privaatheidsbeleid gedek is nie, gebruik.

Jou privaatheidkontroles

Jy het keuses ten opsigte van die inligting wat ons insamel en hoe dit gebruik word

Hierdie afdeling beskryf sleutelkontroles om jou privaatheid oral in ons dienste te bestuur. Jy kan ook die Privaatheidskontrole besoek waar jy 'n geleentheid het om belangrike privaatheidinstellings na te gaan en aan te pas. Benewens hierdie nutsgoed bied ons ook spesifieke privaatheidinstellings in ons produkte – jy kan meer te wete kom in ons Produkprivaatheidgids.

Bestuur, hersien en dateer jou inligting op

Wanneer jy aangemeld is, kan jy altyd inligting nagaan en opdateer deur die dienste wat jy gebruik, te besoek. Byvoorbeeld, Foto's en Drive is albei ontwerp om jou te help om spesifieke soort inhoud wat jy in Google gestoor het, te bestuur.

Ons het ook 'n plek gebou waar jy inligting wat jy in jou Google-rekening gestoor het, kan nagaan en beheer. Jou Google-rekening sluit in:

Privaatheidkontroles

Aktiwiteitkontroles

Besluit watter soorte aktiwiteit jy in jou rekening wil stoor. Byvoorbeeld, as jy YouTube-geskiedenis aangeskakel het, word die video's wat jy kyk en die dinge waarna jy soek, in jou rekening gestoor sodat jy beter aanbevelings kan kry, en om te onthou waar jy opgehou het. En as jy Web- en App-aktiwiteit aangeskakel het, word jou soektogte en aktiwiteit in ander Google-dienste in jou rekening gestoor sodat jy meer gepersonaliseerde ervarings kan kry, soos vinniger soektogte en nuttiger program- en inhoudaanbevelings. Web- en App-aktiwiteit het ook 'n subinstelling waarmee jy kan beheer of inligting oor jou aktiwiteit op ander werwe, programme en toestelle wat Google-dienste gebruik, soos programme wat jy op Android installeer en gebruik, in jou Google-rekening gestoor en gebruik word om Google-dienste beter te maak.

Gaan na Aktiwiteitkontroles

Advertensie-instellings

Bestuur jou voorkeure oor die advertensies wat vir jou gewys word op Google en op ander werwe en apps wat met Google saamwerk om advertensies te wys. Jy kan jou belangstellings wysig, kies of jou persoonlike inligting gebruik word om advertensies meer relevant vir jou te maak, en sekere advertensiedienste aan- of afskakel.

Gaan na My Advertensiesentrum

Meer oor jou

Bestuur persoonlike inligting in jou Google-rekening en beheer wie dit in Google-dienste kan sien.

Gaan na Meer oor jou

Gedeelde bekragtigings

Kies of jou naam en foto langs jou aktiwiteit verskyn, soos resensies en aanbevelings wat in advertensies verskyn.

Gaan na Gedeelde Bekragtigings

Werwe en apps wat Google-dienste gebruik

Bestuur inligting wat webwerwe en apps wat Google-dienste gebruik, soos Google Analytics, met Google mag deel wanneer jy hul dienste besoek of interaksie daarmee het.

Gaan na Hoe Google inligting gebruik vanaf werwe of programme wat ons dienste gebruik

Maniere om jou inligting na te gaan en op te dateer

My Aktiwiteit

Met My Aktiwiteit kan jy data nagaan en beheer wat in jou Google-rekening gestoor word wanneer jy aangemeld is en Google-dienste gebruik, soos soektogte wat jy gedoen het of jou besoeke aan Google Play. Jy kan volgens datum en volgens onderwerp blaai, en 'n deel van of al jou aktiwiteit uitvee.

Gaan na My Aktiwiteit

Google Dashboard

Google Dashboard stel jou in staat om inligting wat met spesifieke produkte geassosieer word, te bestuur.

Gaan na Dashboard

Jou persoonlike inligting

Bestuur jou kontakinligting, soos jou naam, e-posadres en foonnommer.

Gaan na persoonlike inligting

Wanneer jy afgemeld is, kan jy inligting bestuur wat met jou blaaier of toestel geassosieer word, insluitend:

  • Afgemelde soekpersonalisering: Kies of jou soekaktiwiteit gebruik word om aan jou meer relevante resultate en aanbevelings te bied.
  • YouTube-instellings: Laat wag en vee jou YouTube-soekgeskiedenis en jou YouTube-kykgeskiedenis uit.
  • Advertensie-instellings: Bestuur jou voorkeure oor die advertensies wat vir jou gewys word op Google en op werwe en apps wat met Google saamwerk om advertensies te wys.

Om jou inligting uit te voer, te verwyder of uit te vee

Jy kan 'n kopie van inhoud in jou Google-rekening uitvoer as jy dit wil rugsteun of dit saam met 'n diens buite Google wil gebruik.

Om jou inligting uit te vee, kan jy:

Bestuurder vir Onaktiewe Rekeninge stel jou in staat om iemand anders toegang tot dele van jou Google-rekening te gee ingeval jy onverwags nie jou rekening kan gebruik nie.

En laastens kan jy ook op grond van toepaslike wetgewing en ons beleide versoek om inhoud uit spesifieke Google-dienste te verwyder.


Daar is ander maniere om die inligting wat Google insamel, te beheer – of jy by 'n Google-rekening aangemeld is of nie – insluitend:

  • Blaaierinstellings: Byvoorbeeld, jy kan jou blaaier opstel om aan te dui wanneer Google 'n webkoekie in jou blaaier gestel het. Jy kan ook jou blaaier opstel om alle webkoekies van 'n spesifieke domein of alle domeine af te blok. Onthou egter dat ons dienste op webkoekies staatmaak om behoorlik te funksioneer, soos om dinge soos jou taalvoorkeure te onthou.
  • Toestelvlakinstellings: Jou toestel kan dalk kontroles hê wat bepaal watter inligting ons insamel. Jy kan byvoorbeeld ligginginstellings op jou Android-toestel wysig.

Deel jou inligting

Wanneer jy jou inligting deel

Baie van ons dienste laat toe dat jy jou inligting met ander mense deel, én jy het beheer oor hoe jy dit deel. Byvoorbeeld, jy kan video's publiek op YouTube deel of jy kan besluit om jou video's privaat te hou. Onthou, wanneer jy inligting publiek deel, kan jou inhoud deur soekenjins, insluitend Google Search, toeganklik word.

Wanneer jy aangemeld is en met sekere Google-dienste interaksie het, soos om opmerkings op 'n YouTube-video te maak of 'n program in Play te resenseer, verskyn jou naam en foto langs jou aktiwiteit. Na gelang van jou Gedeelde bekragtigings-instelling kan ons hierdie inligting ook in advertensies vertoon.

Wanneer Google jou inligting deel

Ons deel nie jou persoonlike inligting met maatskappye, organisasies of individue buite Google nie, behalwe in die volgende gevalle:

Met jou toestemming

Ons sal persoonlike inligting buite Google deel as ons jou toestemming het. Byvoorbeeld, as jy Google Home gebruik om ’n bespreking te maak deur ’n besprekingdiens, sal ons jou toestemming kry voordat ons jou naam of foonnommer met die restaurant deel. Ons verskaf ook kontroles aan jou om derdepartyprogramme en -werwe waarvoor jy toegang tot data in jou Google-rekening gegee het, na te gaan en te bestuur. Ons sal vir jou eksplisiete toestemming vra om enige sensitiewe persoonlike inligting te deel.

Met domeinadministrateurs

As jy 'n student is of vir 'n organisasie werk wat Google-dienste gebruik, sal jou domeinadministrateur en herverkopers wat jou rekening bestuur toegang tot jou Google-rekening hê. Hulle kan dalk:

  • Ingaan by inligting wat in jou rekening gestoor is en dit behou, soos jou e-posadres
  • Statistieke rakende jou rekening bekyk, soos hoeveel programme jy installeer
  • Jou rekeningwagwoord verander
  • Jou rekeningtoegang opskort of beëindig
  • Jou rekeninginligting ontvang om aan die toepaslike wetgewing, regulasie, regsproses of afdwingbare regeringsversoek te voldoen
  • Jou vermoë beperk om jou inligting of privaatheidinstellings uit te vee of te wysig

Vir eksterne verwerking

Ons verskaf persoonlike inligting aan ons geaffilieerdes en ander betroubare besighede of persone om dit vir ons te verwerk op grond van ons instruksies en in voldoening aan ons privaatheidsbeleid en enige ander relevante vertroulikheid- en sekuriteitsmaatreëls. Byvoorbeeld, ons gebruik diensverskaffers om te help om ons datasentrums te bedryf, ons produkte en dienste te lewer, ons interne besigheidsprosesse te verbeter, en bykomende ondersteuning aan klante en gebruikers te bied. Ons gebruik ook diensverskaffers om te help om YouTube-video-inhoud vir openbare veiligheid na te gaan, en ontleed en luister na voorbeelde van gestoorde gebruikeroudio om te help om Google se oudioherkenningtegnologie te verbeter.

Weens wetlike redes

Ons sal persoonlike inligting buite Google deel as ons te goeder trou glo dat die openbaarmaking van die inligting redelikerwys nodig is om:

  • Op enige toepaslike wet, regulasie, regsproses of afdwingbare regeringsversoek te reageer. Ons deel inligting oor die aantal en soort versoeke wat ons van regerings af ontvang in ons deursigtigheidverslag.
  • Relevante diensbepalings af te dwing, insluitend die ondersoek na potensiële oortredings.
  • Bedrog op te spoor, te voorkom of andersins sekuriteit- of tegniese kwessies reg te stel.
  • Beskerming te bied teen die benadeling van die regte, eiendom of veiligheid van Google, ons gebruikers of die publiek.

Ons kan inligting wat nie persoonlik identifiseerbaar is nie met die publiek en ons vennote deel – soos uitgewers, adverteerders, ontwikkelaars of regtehouers. Ons deel byvoorbeeld inligting met die publiek om neigings oor die algemene gebruik van ons dienste te wys. Ons laat ook spesifieke vennote toe om inligting vanaf jou blaaier of toestel vir advertensie- en metingdoeleindes in te samel deur hul eie webkoekies of soortgelyke tegnologieë te gebruik.

As Google betrokke is in ’n samesmelting, oorname of verkope van bates, sal ons voortgaan om die vertroulikheid van jou persoonlike inligting te verseker en aan die betrokke gebruikers kennis gee voordat persoonlike inligting oorgedra word of onderhewig word aan ’n ander privaatheidsbeleid.

Hou jou inligting veilig

Ons bou sekuriteit in ons dienste in om jou inligting te beskerm

Alle Google-produkte word gebou met sterk sekuriteitskenmerke wat jou inligting deurlopend beskerm. Die insigte wat ons deur die instandhouding van ons dienste kry, help ons om sekuriteitsgevare te bespeur en outomaties te blokkeer sodat hulle jou nooit bereik nie. As ons wel iets riskant bespeur wat ons dink jy van moet weet, sal ons jou in kennis stel en jou deur stappe begelei om jouself beter te beskerm.

Ons werk hard om jou en Google te beskerm teen ongemagtigde toegang, verandering, openbaarmaking of vernietiging van inligting waaroor ons beskik, insluitend:

  • Ons gebruik enkripsie om jou data privaat te hou terwyl dit oorgedra word
  • Ons bied 'n reeks sekuriteitkenmerke, soos Veiligblaai, Sekuriteitkontrolering en 2-step-verifikasie om jou rekening te help beskerm
  • Ons hersien ons praktyk oor die insameling, berging en verwerking van inligting, insluitend fisieke sekuriteitmaatreëls, om ongemagtigde toegang tot ons stelsels te verhoed
  • Ons beperk toegang tot persoonlike inligting tot werknemers, kontrakteurs en agente van Google wat dié inligting nodig het om dit te kan verwerk. Enigeen met hierdie toegang is onderworpe aan streng kontraktuele vertroulikheidvereistes en kan gedissiplineer of afgedank word as hulle nie aan hierdie vereistes voldoen nie.

Voer jou inligting in of vee dit uit

Jy kan enige tyd 'n kopie van jou inligting uitvoer of dit van jou Google-rekening af uitvee

Jy kan 'n kopie van inhoud in jou Google-rekening uitvoer as jy dit wil rugsteun of dit saam met 'n diens buite Google wil gebruik.

Om jou inligting uit te vee, kan jy:

Behou jou inligting

Ons behou die data wat ons insamel vir verskillende tydperke na gelang van wat dit is, hoe ons dit gebruik en hoe jy jou instellings opstel:

  • Sekere data kan jy uitvee wanneer jy wil, soos jou persoonlike inligting of die inhoud wat jy skep of oplaai, soos foto's en dokumente. Jy kan ook aktiwiteitinligting wat in jou rekening gestoor is, uitvee of kies dat dit outomaties ná ’n vasgestelde tydperk uitgevee word. Ons sal hierdie data in jou Google-rekening hou totdat jy dit verwyder of kies om dit te laat verwyder.
  • Ander data word outomaties ná 'n vasgestelde tydperk uitgevee of anoniem gemaak, soos advertensiedata in bedienerloglêers.
  • Ons hou sekere data totdat jy jou Google-rekening uitvee, soos inligting oor hoe dikwels jy ons dienste gebruik.
  • En sekere data kan ons vir langer tydperke behou wanneer dit vir legitieme besigheids- of regsdoeleindes nodig is, soos sekuriteit, bedrog- en misbruikvoorkoming, óf finansiële rekordhouding.

Wanneer jy data uitvee, volg ons 'n uitveebeleid om seker te maak dat jou data veilig en heeltemal van ons bedieners af verwyder is of net in 'n anonieme vorm behou is. Ons probeer verseker dat ons dienste jou inligting beskerm sodat dit nie per ongeluk of kwaadwillig uitgevee word nie. As gevolg hiervan kan daar vertragings wees tussen wanneer jy iets uitvee en wanneer kopieë van ons aktiewe en rugsteunstelsels uitgevee word.

Jy kan meer oor Google se databehoudtydperke lees, insluitend hoe lank dit neem om jou inligting uit te vee.

Voldoening en samewerking met reguleerders

Ons hersien gereeld hierdie privaatheidsbeleid en maak seker dat ons jou inligting op maniere verwerk wat daaraan voldoen.

Data-oordragte

Ons het bedieners regoor die wêreld en jou inligting sal dalk verwerk word op bedieners wat geleë is buite die land waar jy woon. Databeskermingwette verskil tussen lande, met party wat meer beskerming as ander bied. Ongeag van waar jou inligting verwerk word, sal ons dieselfde beskermings toepas as wat in hierdie beleid beskryf word. Ons voldoen ook aan sekere wetsraamwerke wat met die oordrag van data verband hou.

Wanneer ons formele geskrewe klagte ontvang, antwoord ons deur die persoon te kontak wat die klag ingedien het. Ons werk met die relevante reguleringsowerhede, insluitend plaaslike databeskermingsowerhede, saam om enige klagte oor die oordrag van jou data op te los wat ons nie direk met jou kan oplos nie.

VSA-deelstaatwetsvereistes

Sommige privaatheidswette van VSA-deelstate vereis spesifieke openbaarmakings.

Hierdie privaatheidsbeleid is ontwerp om jou te help verstaan hoe Google jou inligting hanteer:

  • Ons verduidelik die kategorieë van inligting wat Google insamel en die bronne van daardie inligting in Inligting wat Google insamel.
  • Ons verduidelik in Hoekom Google data insamel die doeleindes waarvoor Google inligting insamel en gebruik.
  • Ons verduidelik in Deling van jou inligting wanneer Google inligting openbaar kan maak. Google verkoop nie jou persoonlike inligting nie. Google “deel” ook nie jou persoonlike inligting, soos hierdie term in Kalifornië se wet op verbruikerprivaatheid (CCPA) gedefinieer word, nie.
  • Ons verduidelik in Behoud van jou inligting hoe Google inligting behou. Jy kan ook meer te wete kom oor hoe Google data anonimiseer. Soos daar beskryf word, kom ons beleide en tegniese maatreëls na wanneer Google data anonimiseer om jou privaatheid te beskerm om te verhoed dat daardie inligting weer geïdentifiseer word.

Privaatheidswette van VSA-deelstate bied ook die reg om inligting te versoek oor hoe Google jou inligting insamel, gebruik en openbaar maak. En hulle gee jou die reg om toegang tot jou inligting te kry, soms in draagbare formaat; jou inligting te korrigeer; en te versoek dat Google daardie inligting uitvee. Baie van hierdie wette bied ook die reg om aan sekere vorme van profielbepaling en geteikende advertensies te onttrek. Hulle bied ook die reg om nie teen gediskrimineer te word weens die uitoefening van hierdie privaatheidsregte nie. Laastens behandel die CCPA sekere soorte inligting, soos gesondheiddata, as sensitief; wanneer gebruikers hierdie inligting verskaf, gebruik Google dit slegs vir doeleindes wat deur die CCPA toegelaat word, soos om dienste te lewer wat deur ons gebruikers versoek en verwag word.

Ons beskryf in Jou privaatheidkontroles die keuses wat jy het om jou privaatheid en data in al Google se dienste te bestuur. Hierdie nutsgoed maak dit vir jou moontlik om jou inligting na te gaan, op te dateer en uit te vee, asook om ’n kopie daarvan uit te voer en af te laai. Jy kan ook My Advertensiesentrum besoek om te beheer watter inligting ons gebruik om vir jou advertensies te wys, of om gepersonaliseerde advertensies af te skakel.

Wanneer jy hierdie nutsgoed gebruik, sal ons jou versoek bekragtig deur te verifieer dat jy by jou Google-rekening aangemeld is. As jy vrae of versoeke het wat met jou regte ingevolge privaatheidswette van VSA-deelstate verband hou, kan jy (of jou gemagtigde agent) ook Google kontak. En as jy met die besluit oor jou versoek verskil, kan jy Google vra om dit te heroorweeg deur op ons e-pos te antwoord.

Ons verskaf ook meer inligting oor Google se hantering van CCPA-versoeke.

Sommige privaatheidswette van VSA-deelstate vereis ook ’n beskrywing van datapraktyke met gebruik van spesifieke kategorieë. Hierdie tabel gebruik hierdie kategorieë om die inligting in hierdie privaatheidsbeleid te organiseer.

Kategorieë inligting wat ons insamel

Identifiseerders en soortgelyke inligting, soos jou naam en wagwoord, foonnommer en adres, asook unieke identifiseerders wat verbind word met die blaaier, app of toestel wat jy gebruik. Sekere Google-dienste, soos YouTube Studio, bied die opsie om ’n geldige ID (soos ’n paspoort of rybewys) in te dien om jou identiteit te verifieer om bykomende kenmerke te gebruik.

Demografiese inligting, soos jou ouderdom, gender en taal. As jy kies om opsionele kenmerke, soos demografiese inligting in YouTube Skepper, te gebruik, kan jy ook bykomende inligting verskaf, soos jou genderidentiteit of ras en etnisiteit.

Kommersiële inligting, soos jou betaalinligting en 'n geskiedenis van aankope wat jy op Google se dienste doen.

Biometriese inligting as jy kies om dit te verskaf, soos vingerafdrukke in Google se produkontwikkelingstudies.

Internet-, netwerk en ander aktiwiteitsinligting soos jou soekterme; kyke en interaksie met inhoud en advertensies; Chrome-blaaigeskiedenis wat jy met jou Google-rekening gesinkroniseer het; inligting oor die interaksie van jou programme, blaaiers en toestelle met ons dienste (soos IP-adres, omvalverslae en stelselaktiwiteit); en aktiwiteit op derdepartywerwe en -programme wat ons dienste gebruik. Jy kan die aktiwiteitsdata wat in jou Google-rekening geberg word, in My Aktiwiteit nagaan en beheer.

Geoliggingdata, soos bepaal kan word deur GPS, IP-adres en ander data vanaf sensors op of rondom jou toestel, na gelang van jou toestel- en rekeninginstellings. Na gelang van hierdie instellings kan dit presiese liggingdata insluit, byvoorbeeld GPS-data vir Android-kenmerke soos navigasie of om jou foon te soek. Kom meer te wete oor Google se gebruik van ligginginligting.

Oudio-, elektroniese, visuele en soortgelyke inligting, soos stem- en oudio-inligting.

Kommunikasiedata, soos e-posse, as jy ons dienste gebruik om boodskappe te stuur en te ontvang.

Gesondheidinligting as jy kies om dit te verskaf, soos jou mediese geskiedenis, lewenstekens en gesondheidmaatstawwe (soos bloedglukosevlakke), en ander soortgelyke inligting wat met jou fisiese of geestelike gesondheid verband hou, tydens die gebruik van Google-dienste wat gesondheidverwante kenmerke bied, soos die Google Health Studies-app.

Professionele, werk- en opleidinginligting, soos inligting wat jy verskaf of wat gehou word deur 'n organisasie waarby jy studeer of werk wat Google-dienste gebruik.

Ander inligting wat jy skep of verskaf, soos die inhoud wat jy skep, oplaai of ontvang (soos foto's en video's of e-posse, dokumente en sigblaaie). Google Dashboard stel jou in staat om inligting wat met spesifieke produkte geassosieer word, te bestuur.

Gevolgtrekkings wat van die bogenoemde afgelei is, soos jou advertensiebelangstellingkategorieë.

Besigheidsdoeleindes waarvoor inligting gebruik of openbaar gemaak kan word

Beskerming teen sekuriteitsbedreidings, misbruik en onwettige aktiwiteit: Google gebruik en kan inligting openbaar maak om sekuriteitsvoorvalle te bespeur, te voorkom en daarop te reageer, en vir beskerming teen kwaadwillige, misleidende, bedrieglike en onwettige aktiwiteit. Byvoorbeeld, om ons dienste te beskerm, kan Google inligting oor IP-adresse wat kwaadwillige betrokkenes dalk gekompromitteer het, ontvang of openbaar maak.

Kontrole en meting: Google gebruik inligting vir ontleding en meting om te verstaan hoe ons dienste gebruik word, asook om verpligtinge teenoor ons vennote, soos publiseerders, adverteerders, ontwikkelaars en regtehouers, na te kom. Ons kan inligting wat nie persoonlik identifiseerbaar is nie, publiek en teenoor hierdie vennote openbaar maak, insluitend vir ouditeringdoeleindes.

Onderhoud van ons dienste: Google gebruik inligting om seker te maak dat ons dienste werk soos dit moet, soos om onderbrekings na te spoor of om foute en ander kwessies wat jy by ons aangee, te foutspoor.

Navorsing en ontwikkeling: Google gebruik inligting om ons dienste te verbeter en om nuwe produkte, kenmerke en tegnologieë te ontwikkel wat ons gebruikers en die publiek bevoordeel. Ons gebruik byvoorbeeld inligting wat publiek beskikbaar is om te help om Google se AI-modelle op te lei en om kenmerke soos Google Vertaal, Gemini-apps en wolk-AI-vermoëns te bou.

Gebruik van diensverskaffers: Google deel inligting met diensverskaffers om dienste namens ons te verrig ingevolge ons privaatheidsbeleid en ander toepaslike vertroulikheid- en sekuriteitmaatstawwe. Byvoorbeeld, ons kan op diensverskaffers staatmaak om te help om kliëntediens te lewer.

Advertensies: Google verwerk inligting, insluitend aanlyn identifiseerders, blaai- en soekaktiwiteit en inligting oor jou ligging en interaksies met advertensies, om advertensies te verskaf. Dit hou Google se dienste en baie van die webwerwe en dienste wat jy gebruik kosteloos. Jy kan beheer watter inligting ons gebruik om vir jou advertensies te wys deur na jou advertensie-instellings in My Advertensiesentrum toe te gaan.

Wetlike redes: Google gebruik ook inligting om toepaslike wette of regulasies na te kom, en maak inligting bekend in reaksie op regsprosesse en toepasbare regeringversoeke, insluitend vir wetstoepassing. Ons verskaf in ons deursigtigheidverslag inligting oor die aantal en soort versoeke wat ons van regerings af ontvang.

Partye waaraan inligting openbaar gemaak mag word

Ander mense met wie jy kies om jou inligting te deel, soos dokumente en foto's, en video's of opmerkings op YouTube.

Derde partye met jou toestemming, soos dienste wat met Google se dienste integreer. Jy kan derdepartyapps en -werwe met toegang tot jou data in jou Google-rekening nagaan en bestuur.

Diensverskaffers, vertroude besighede of persone wat inligting namens Google verwerk, gegrond op ons instruksies en in voldoening aan ons privaatheidsbeleid en ander toepaslike vertroulikheid- en sekuriteitmaatreëls.

Domeinadministrateurs, as jy werk of studeer by 'n organisasie wat Google-dienste gebruik.

Owerhede of ander derde partye, vir die wetlike redes wat in Deling van jou inligting beskryf word.

Meer oor hierdie beleid

Wanneer hierdie beleid van toepassing is

Die privaatheidsbeleid is van toepassing op al die dienste wat Google LLC en sy geaffilieerdes aanbied, insluitend YouTube, Android en dienste wat op derdepartywerwe soos advertensiedienste aangebied word. Hierdie privaatheidsbeleid is nie van toepassing op dienste wat afsonderlike privaatheidsbeleide het wat nie hierdie privaatheidsbeleid insluit nie.

Hierdie privaatheidsbeleid is nie van toepassing op die volgende nie:

  • Die inligtingpraktyke van ander maatskappye en organisasies wat ons dienste adverteer
  • Dienste wat deur ander maatskappye of individue aangebied word, insluitend produkte of werwe wat hulle aanbied wat Google-dienste kan insluit waarop die beleid van toepassing is, of produkte of werwe wat in soekresultate vir jou gewys word, of wat van ons dienste af geskakel word

Veranderinge aan hierdie beleid

Ons verander hierdie privaatheidsbeleid van tyd tot tyd. Ons sal nie jou regte ingevolge hierdie privaatheidsbeleid inkort sonder jou uitdruklike toestemming nie. Ons dui altyd die datum aan waarop die mees onlangse veranderinge gepubliseer is en ons bied toegang tot geargiveerde weergawes wat jy kan nagaan. As die veranderinge beduidend is, sal ons ’n meer prominente kennisgewing verskaf (insluitend ’n kennisgewing via e-pos van veranderinge aan die privaatheidsbeleid vir sekere dienste).

Soortgelyke privaatheidpraktyke

Spesifieke Google-dienste

Die volgende privaatheidkennisgewings voorsien bykomende inligting oor sommige Google-dienste:

As jy 'n lid van 'n organisasie is wat Google Workspace of Google Cloud Platform gebruik, kan jy in die Google Cloud-privaatheidkennisgewing uitvind hoe hierdie dienste jou persoonlike inligting insamel en gebruik.

Ander nuttige hulpbronne

Die volgende skakels lig nuttige hulpbronne uit waar jy meer oor ons praktyke en privaatheidinstellings te wete kan kom.

Sleutelbegrippe

Aansoekdatakas

'n Aansoekdatakas is 'n databewaarplek op 'n toestel. Dit kan 'n webprogram byvoorbeeld in staat stel om sonder 'n internetverbinding te werk en die vertoning van die program verbeter deur dit moontlik te maak om inhoud vinniger te laai.

Affiliate

'n Geaffilieerde maatskappy is 'n entiteit wat aan die Google-maatskappyegroep behoort, insluitend die volgende maatskappye wat verbruikerdienste in die EU lewer: Google Ireland Limited, Google Commerce Ltd, Google Payment Corp en Google Dialer Inc. Kom meer te wete oor die maatskappye wat besigheiddienste in die EU lewer.

Algoritme

'n Proses of stel reëls wat 'n rekenaar volg om probleemoplossingbewerkings uit te voer.

Bediener-loglêers

Soos die meeste webwerwe, registreer ons bedieners outomaties die bladsyversoeke wat gemaak word as jy ons werwe besoek. Hierdie “bedienerloglêers” sluit gewoonlik jou webversoek, internetprotokol-adres, blaaiertipe en -taal, die datum en tyd van jou versoek en een of meer webkoekies in wat jou blaaier uniek kan identifiseer.

'n Tipiese loglêerinskrywing van 'n soektog na “motors” lyk soos volg:

123.45.67.89 - 25/Mar/2003 10:15:32 -
http://www.google.com/search?q=cars -
Chrome 112; OS X 10.15.7 -
740674ce2123e969
  • 123.45.67.89 is die internetprotokol-adres wat die gebruiker se internetdiensverskaffer aan die gebruiker toegeken het. Afhangend van die gebruiker se diens kan die gebruiker se diensverskaffer elke keer wanneer hulle aan die internet verbind 'n ander adres aan hulle toeken.
  • 25/Mar/2003 10:15:32 is die datum en tyd van die navraag.
  • http://www.google.com/search?q=cars is die URL wat versoek is, insluitend die soeknavraag.
  • Chrome 112; OS X 10.15.7 is die blaaier en bedryfstelsel wat gebruik word.
  • 740674ce2123a969 is die unieke webkoekie-ID wat aan hierdie bepaalde rekenaar toegeken is toe dit Google vir die eerste keer besoek het. (Gebruikers kan webkoekies uitvee. As die gebruiker die webkoekie op die rekenaar uitgevee het nadat hulle Google laas besoek het, sal dit die unieke webkoekie-ID wees wat aan hul toestel toegeken word die volgende keer wanneer hulle Google op daardie bepaalde toestel besoek.)

Blaaierwebberging

Blaaierwebberging stel webwerwe in staat om data in 'n blaaier op 'n toestel te berg. Wanneer dit in "plaaslike berging"-modus gebruik word, maak dit dit moontlik om data oor sessies heen te berg. Dit maak dat die data opgehaal kan word selfs nadat die blaaier toegemaak en weer oopgemaak is. HTML 5 is een soort tegnologie wat webberging moontlik maak.

Google-rekening

Jy kan toegang tot sommige van ons dienste kry deur vir 'n Google-rekening aan te sluit en sekere persoonlike inligting (gewoonlik jou naam, e-posadres en 'n wagwoord) aan ons te verskaf. Hierdie rekeninginligting word gebruik om jou te staaf wanneer jy toegang tot Google-dienste kry en om jou rekening teen ongemagtigde toegang deur ander mense te beskerm. Jy kan jou rekening enige tyd deur jou Google-rekeninginstellings wysig of uitvee.

IP-adres

Elke toestel wat aan die internet gekoppel is, word voorsien van ’n nommer wat bekend staan as die internetprotokol- (IP-) adres. Hierdie nommers word gewoonlik in geografiese blokke toegewys. ’n IP-adres kan dikwels gebruik word om die ligging waarvandaan ’n toestel aan die internet koppel, te identifiseer. Kom meer te wete oor hoe ons ligginginligting gebruik.

Niepersoonlik identifiseerbare inligting

Dit is inligting wat oor gebruikers aangeteken word sodat dit nie meer 'n gebruiker weerspieël wat individueel geïdentifiseer kan word of na só 'n gebruiker verwys nie.

Persoonlike inligting

Dit is inligting wat jy aan ons verskaf wat jou persoonlik identifiseer, soos jou naam, e-posadres of faktureringinligting of ander data wat Google op billike wyse aan sulke inligting kan koppel, soos inligting wat ons met jou Google-rekening assosieer.

Pixelmerker

'n Piekselmerker is 'n soort tegnologie wat op 'n webwerf of in die teksgedeelte van 'n e-pos geplaas word met die doel om sekere aktiwiteit na te spoor, soos kyke van 'n webwerf of wanneer 'n e-pos oopgemaak word. Piekselmerkers word dikwels saam met webkoekies gebruik.

Sensitiewe persoonlike inligting

Dit is ’n spesifieke kategorie van persoonlike inligting wat verband hou met onderwerpe soos vertroulike mediese feite, ras- of etniese oorsprong, politieke of geloofsoortuigings of seksualiteit.

Toestel

'n Toestel is 'n rekenaar wat gebruik kan word om toegang tot Google-dienste te kry. Byvoorbeeld, rekenaars, tablette, slimluidsprekers en slimfone word almal as toestelle beskou.

Unieke identifiseerers

'n Unieke identifiseerder is 'n string karakters wat gebruik kan word om 'n blaaier, program of toestel uniek te identifiseer. Verskillende identifiseerders wissel in terme van hoe permanent hulle is, of gebruikers hulle kan terugstel, en hoe toegang tot hulle gekry kan word.

Unieke identifiseerders kan vir verskillende doeleindes gebruik word, insluitend vir sekuriteit en bedrogbespeuring, om dienste soos jou e-posinkassie te sinkroniseer, om jou voorkeure te onthou, en om gepersonaliseerde advertensies te verskaf. Byvoorbeeld, unieke identifiseerders wat in webkoekies gestoor word, help werwe om inhoud in jou voorkeurtaal in jou blaaier te wys. Jy kan jou blaaier opstel om alle webkoekies te weier of om aan te dui wanneer 'n webkoekie gestuur word. Kom meer te wete oor hoe Google webkoekies gebruik.

Op ander platforms as blaaiers word unieke identifiseerders gebruik om 'n spesifieke toestel of program op daardie toestel te herken. Byvoorbeeld, 'n unieke identifiseerder soos die reklame-ID word gebruik om relevante reklame op Android-toestelle te bied en kan in jou toestel se instellings bestuur word. Unieke identifiseerders kan ook deur 'n toestel se vervaardiger by 'n toestel geïnkorporeer word (soms 'n universeel unieke ID of UUID genoem), soos 'n selfoon se IMEI-nommer. Byvoorbeeld, 'n toestel se unieke identifiseerder kan gebruik word om ons diens vir jou toestel te pasmaak of om toestelkwessies te ontleed wat met ons dienste verband hou.

Verwyser-URL

'n Verwyser-URL (Uniform Resource Locator) is inligting wat 'n webblaaier na 'n bestemmingwebwerf toe stuur, gewoonlik wanneer jy 'n skakel na daardie bladsy toe klik. Die verwyser-URL bevat die URL van die webbladsy wat die blaaier laas besoek het.

Webkoekies

'n Webkoekie is 'n klein lêer wat 'n string karakters bevat wat na jou rekenaar toe gestuur word wanneer jy 'n webwerf besoek. Wanneer jy die werf weer besoek, stel die webkoekie daardie werf in staat om jou blaaier te herken. Webkoekies kan gebruikervoorkeure en ander inligting stoor. Jy kan jou blaaier opstel om alle webkoekies te weier of om aan te dui wanneer 'n webkoekie gestuur word. Sommige webwerfkenmerke of -dienste sal egter dalk nie sonder webkoekies behoorlik funksioneer nie. Kom meer te wete oor hoe Google webkoekies gebruik en hoe Google data, insluitend webkoekies, gebruik wanneer jy ons vennote se werwe of programme gebruik.

Bykomende konteks

advertensie- en navorsingsdienste namens hulle

Byvoorbeeld, handelaars kan data van hul lojaliteitkaartprogramme af oplaai sodat hulle lojaliteitinligting by soek- of inkopieresultate kan insluit of ’n beter begrip het van hoe hulle advertensieveldtogte vaar. Ons verskaf saamgestelde verslae net aan adverteerders wat nie inligting oor individue openbaarmaak nie.

advertensies wat vir jou die nuttigste sal wees

Byvoorbeeld, as jy video's oor bak op YouTube kyk, kan jy meer advertensies sien wat met bak te doen het wanneer jy deur die web blaai. Ons kan jou huidige IP-adres gebruik om jou benaderde ligging te bepaal sodat ons vir jou advertensies vir 'n nabygeleë pizza-afleweringsdiens kan wys as jy vir "pizza" soek. Kom meer te wete oor Google-advertensies en waarom jy spesifieke advertensies kan sien.

Aktiwiteit in Google-dienste

As jy by jou Google-rekening aangemeld is en Web- en Appaktiwiteit aangeskakel het, kan jou aktiwiteitdata op Google-werwe, -apps en -dienste in jou rekening se Web- en Appaktiwiteit gestoor word. Sommige aktiwiteit kan inligting insluit oor die algemene omgewing waarin jy was toe jy die Google-diens gebruik het. Wanneer jy ’n algemene omgewing gebruik om iets te soek, sal jou soektog ’n omgewing van minstens 3 vk. km gebruik, of uitvou totdat die omgewing die liggings van minstens 1 000 mense verteenwoordig. Dit help om jou privaatheid te beskerm.

In sommige gevalle kan omgewings waarvandaan jy in die verlede gesoek het, gebruik word om ’n ligging te bepaal wat relevant vir jou soektog is. As jy byvoorbeeld vir koffiewinkels in Kaapstad soek, kan Google dalk in toekomste soektogte resultate vir Kaapstad wys.

Jy kan jou Web- en Appaktiwiteitdata by My aktiwiteit bekyk en beheer.

aktiwiteit op derdepartywerwe en -apps wat ons dienste gebruik

Webwerwe en apps wat Google-dienste soos advertensies en ontledings integreer, deel inligting met ons.

Hierdie inligting word ingesamel, ongeag die blaaier of blaaimodus wat jy gebruik. Byvoorbeeld, hoewel Incognitomodus in Chrome kan help om jou webblaai privaat te hou van ander mense wat jou toestel gebruik, kan derdepartywerwe en -apps wat ons dienste integreer, steeds inligting met Google deel wanneer jy daardie werwe besoek.

Kry meer inligting oor party van die maniere waarop jy die inligting kan beheer wat gedeel word wanneer jy werwe en apps wat Google-dienste gebruik, besoek of interaksie mee het.

Android-toestel met Google-programme

Android-toestelle met Google-programme sluit toestelle in wat deur Google of een van ons vennote verkoop word, en sluit fone, kameras, voertuie, drabare toestelle en televisies in. Hierdie toestelle gebruik Google Play Dienste en ander voorafgeïnstalleerde programme wat dienste insluit soos Gmail, Maps, jou foon se kamera en foonbeller, teks-na-spraak-omskakeling, sleutelbordinvoer en sekuriteitkenmerke. Kom meer te wete oor Google Play Dienste.

bedieners oor die hele wêreld

Byvoorbeeld, ons bedryf datasentrums wat oor die hele wêreld geleë is om te help om ons produkte deurlopend vir gebruikers beskikbaar te hou.

beskerm teen misbruik

Byvoorbeeld, inligting oor sekuriteitgevare kan ons help om jou in kennis te stel as ons dink jou rekening is gekompromitteer (op welke tydstip ons jou dan kan help om stappe te neem om jou rekening te beskerm).

betaalinligting

Byvoorbeeld, as jy 'n kredietkaart of ander betaalmetode by jou Google-rekening voeg, kan jy dit gebruik om oral in ons dienste dinge te koop, soos programme in die Play Winkel. Ons kan ook vir ander inligting vra, soos 'n besigheidsbelasting-ID om jou betaling te help verwerk. In sommige gevalle sal ons dalk ook jou identiteit moet verifieer en kan ons jou vir inligting vra om dit te doen.

Ons kan ook betaalinligting gebruik om te verifieer of jy aan ouderdomvereistes voldoen, as jy byvoorbeeld 'n verkeerde geboortedag invoer wat aandui dat jy nie oud genoeg is om 'n Google-rekening te hê nie. Kom meer te wete

bring verbeterings aan

Ons gebruik byvoorbeeld webkoekies om te ontleed hoe mense ons dienste gebruik. En dié ontleding kan ons help om beter produkte te bou. Byvoorbeeld, dit kan ons help ontdek dat dit mense te lank neem om 'n sekere taak te voltooi of dat hulle stappe glad nie kan klaarmaak nie. Ons kan daardie kenmerk dan herontwerp en die produk vir almal verbeter.

bronne wat aan die publiek toeganklik is

Ons kan byvoorbeeld inligting wat aanlyn publiek beskikbaar is of uit ander publieke bronne kom, insamel om te help om Google se AI-modelle op te lei en produkte en kenmerke soos Google Vertaal, Gemini-apps en wolk-AI-vermoëns te bou. Of, as jou besigheid se inligting op ’n webwerf verskyn, kan ons dit indekseer en in Google-dienste wys.

derde partye

Byvoorbeeld, ons verwerk jou inligting om aan regtehouers gebruikstatistieke oor hoe hul inhoud in ons dienste gebruik is, te rapporteer. Ons kan ook jou inligting verwerk as mense vir jou naam soek en ons vertoon soekresultate vir werwe wat inligting oor jou bevat wat publiek beskikbaar is.

die mense wat aanlyn die meeste vir jou saak maak

Byvoorbeeld, wanneer jy 'n adres in die To-, Cc- of Bcc-veld invoer van 'n e-pos wat jy saamstel, sal Gmail-adresse voorstel op grond van die mense wat jy die meeste kontak.

die publiek

Ons verwerk byvoorbeeld inligting oor versoeke om inhoud uit ons dienste te verwyder ingevolge Google se inhoudverwyderingbeleide of toepaslike wetgewing om die versoek te beoordeel, en om deursigtigheid te verseker, aanspreeklikheid te verbeter en misbruik en bedrog in hierdie praktyke te verhoed.

dienste om oproepe te maak en te ontvang of boodskappe te stuur en te ontvang

Voorbeelde van hierdie dienste sluit in:

  • Google Voice, om oproepe te maak en te ontvang, SMS'e te stuur, en stemboodskapdiens te bestuur
  • Google Vergader, om video-oproepe te maak en te ontvang
  • Gmail, om e-posse te stuur en te ontvang
  • Google Chat, om boodskappe te stuur en te ontvang
  • Google Duo, om video-oproepe te maak en te ontvang en boodskappe te stuur en te ontvang
  • Google Fi, vir 'n foonplan

foonnommer

As jy jou foonnommer by jou rekening voeg, kan dit na gelang van jou instellings oral in Google-dienste vir verskillende doeleindes gebruik word. Byvoorbeeld, jou foonnommer kan gebruik word om jou te help om toegang tot jou rekening te kry as jy jou wagwoord vergeet, mense te help om jou te vind en met jou in verbinding te tree, en die advertensies wat jy sien relevanter te maak. Kom meer te wete

gebruik die inligting wat ons uit ons dienste insamel

Afhangend van jou beskikbare instellings, hier is ’n paar voorbeelde van hoe ons die inligting gebruik wat ons uit ons dienste insamel:

  • Wanneer jy by jou Google-rekening aangemeld is en 'n soektog op Google doen, kan jy soekresultate van die publieke web af sien saam met relevante inligting uit die inhoud wat jy in ander Google-produkte het, soos Gmail of Google Kalender. Dit kan dinge insluit soos die status van jou komende vlugte, restaurant- en hotelbesprekings of jou foto's. Kom meer te wete
  • As jy via Gmail met iemand gekommunikeer het en die persoon by 'n Google Dokument of 'n geleentheid in Google Kalender wil voeg, maak Google dit maklik om dit te doen deur die e-posadres te outovoltooi wanneer jy die naam begin invoer. Hierdie kenmerk maak dit makliker om dinge te deel met mense wat jy ken. Kom meer te wete
  • Die Google-app kan, afhangend van jou instellings, data wat jy in ander Google-produkte geberg het, gebruik om vir jou gepersonaliseerde inhoud te wys. Byvoorbeeld, as soektogte in jou Web- en App-aktiwiteit geberg is, kan die Google-app op grond van jou aktiwiteit vir jou nuusberigte en ander inligting oor jou belangstellings wys, soos sporttellings.
  • As jy jou Google-rekening aan jou Google Home koppel, kan jy jou inligting bestuur en dinge deur die Google Assistent gedoen kry. Jy kan byvoorbeeld geleenthede by jou Google Kalender voeg of jou skedule vir die dag kry, vir opdaterings oor die status van jou komende vlug vra of inligting soos bestuursrigtingaanwysings na jou foon stuur. Kom meer te wete
  • As jy ’n gebruiker in die EU is, sal die besluite wat jy oor die koppeling van dienste maak, ’n invloed hê op hoe sekere Google-dienste die data in ons dienste kan gebruik.

Byvoorbeeld, wanneer jy by jou Google-rekening aangemeld is en die Web- en Programaktiwiteitkontrole geaktiveer is, kan jy meer relevante soekresultate kry wat op jou vorige soektogte en aktiwiteit van ander Google-dienste gegrond is. Jy kan meer hier te wete kom. Jy kan ook gepasmaakte soekresultate kry selfs wanneer jy afgemeld is. As jy nie hierdie vlak van soekpasmaking wil hê nie, kan jy privaat soek en blaai of afgemelde soekpersonalisering afskakel.

gepersonaliseerde advertensies

Jy kan ook gepersonaliseerde advertensies gegrond op inligting van die adverteerder af sien. As jy byvoorbeeld op die adverteerder se webwerf inkopies gedoen het, kan hulle daardie besoek gebruik om vir jou advertensies te wys. Kom meer te wete

gesinkroniseer met jou Google-rekening

Jou Chrome-blaaigeskiedenis word net in jou rekening gestoor as jy Chrome-sinkronisering met jou Google-rekening geaktiveer het. Kom meer te wete

inligting oor dinge naby aan jou toestel

As jy Google-liggingdienste op Android gebruik, kan ons die werkverrigting van programme wat op jou ligging staatmaak, soos Google Maps, verbeter. As jy Google-liggingdienste gebruik, stuur jou toestel inligting na Google oor sy ligging, sensors (soos versnellingsmeter) en nabygeleë selfoontorings en Wi-Fi-toegangspunte (soos MAC-adres en seinsterkte). Al hierdie dinge help om jou ligging te bepaal. Jy kan jou toestelinstellings gebruik om Google-liggingdienste te aktiveer. Kom meer te wete

jou aktiwiteit op ander werwe en apps

Hierdie aktiwiteit kan kom van jou gebruik van Google-dienste, soos van die sinkronisering van jou rekening met Chrome of van jou besoeke aan werwe en apps wat met Google saamwerk. Baie webwerwe en apps werk saam met Google om hul inhoud en dienste te verbeter. Byvoorbeeld, 'n webwerf kan dalk ons advertensiedienste (soos AdSense) of ontledingnutsgoed (soos Google Analytics) gebruik, of dit kan ander inhoud inbed (soos video's op YouTube). Hierdie dienste kan inligting oor jou aktiwiteit met Google deel en na gelang van jou rekeninginstellings en die produkte wat gebruik word (byvoorbeeld, wanneer 'n vennoot Google Analytics saam met ons advertensiedienste gebruik), kan hierdie data dalk met jou persoonlike inligting geassosieer word.

Kom meer te wete oor hoe Google data gebruik wanneer jy ons vennote se werwe of programme gebruik.

Google Analytics maak staat op eerstepartywebkoekies, wat beteken die webkoekies word deur die Google Analytics-kliënt ingestel. Deur ons stelsels te gebruik, kan data wat deur Google Analytics gelewer word deur die Google Analytics-kliënt en deur Google gekoppel word aan derdepartywebkoekies wat verband hou met besoeke aan ander webwerwe. Byvoorbeeld, 'n adverteerder wil dalk sy Google Analytics-data gebruik om meer relevante advertensies te skep of om sy verkeer verder te ontleed. Kom meer te wete

Kyke en interaksies met inhoud en advertensies

Byvoorbeeld, ons samel inligting in oor kyke en interaksies met advertensies sodat ons gesamentlike verslae aan adverteerders kan voorsien, soos om hulle in te lig of ons hul advertensie op 'n bladsy gewys het en of dit waarskynlik is dat kykers die advertensie sou sien. Ons kan dalk ook ander interaksies meet, soos hoe jy jou muis oor 'n advertensie beweeg en of jy op die bladsy waarop die advertensie verskyn, reageer.

lewer ons dienste

Voorbeelde van hoe ons jou inligting gebruik om ons dienste te lewer, sluit in:

  • Ons gebruik die IP-adres wat aan jou toestel toegewys is om die data wat jy versoek het vir jou te stuur, soos om 'n YouTube-video te laai
  • Ons gebruik unieke identifiseerders wat in webkoekies op jou toestel geberg is om ons te help om te staaf dat jy die persoon is wat toegang tot jou Google-rekening moet kry
  • Foto's en video's wat jy na Google Foto's oplaai, word gebruik om jou te help om albums, collages en ander skeppings wat jy kan deel, te skep. Kom meer te wete
  • 'n Vlugbevestiging-e-pos wat jy ontvang, kan gebruik word om 'n "aanmeld"-knoppie te skep wat in jou Gmail verskyn
  • Wanneer jy dienste of tasbare goedere by ons koop, kan jy inligting soos jou versendingsadres of afleweringsinstruksies aan ons verskaf. Ons gebruik hierdie inligting vir dinge soos die verwerking, uitvoering en aflewering van jou bestelling en om steun te bied in verband met die produk of diens wat jy koop.

maak op webkoekies staat om behoorlik te funksioneer

Ons gebruik byvoorbeeld 'n webkoekie genaamd "lbcs" wat dit vir jou moontlik maak om talle Google Dokumente in een blaaier oop te maak. As jy hierdie webkoekie blokkeer, sal Google Dokumente nie kan werk soos dit moet nie. Kom meer te wete

maak seker ons dienste werk soos hulle moet

Byvoorbeeld, ons monitor ons stelsels deurlopend om vir probleme te kyk. En as ons dan iets verkeerd kry met 'n spesifieke kenmerk, stel die nagaan van aktiwiteitinligting voordat die probleem begin het, ons in staat om dinge vinniger reg te stel.

ons gebruikers

Byvoorbeeld, om misbruik te voorkom en deursigtigheid en aanspreeklikheid in ons aanlyn inhoudkontroleerderpraktyke te verhoog, deel Google data oor versoeke vir verwydering van inhoud uit ons dienste met Lumen, wat hierdie versoeke insamel en ontleed om navorsing te fasiliteer om internetgebruikers te help om hul regte te verstaan. Kom meer te wete.

Plekke wat jy etiketteer, soos huis of werk

Jy kan dalk kies om plekke wat vir jou belangrik is in jou Google-rekening te stoor, soos jou huis of jou werk. As jy jou huis- of werkadres stel, kan hulle gebruik word om dinge makliker te doen, soos om aanwysings te kry of resultate te kry wat nader aan jou huis of werk is, en vir nuttiger advertensies.

Jy kan jou huis- of werkadres enige tyd in jou Google-rekening wysig of uitvee.

Privaatheidswette van VSA-deelstate

Hierdie wette sluit in:

  • Kalifornië se wet op verbruikerprivaatheid (CCPA);
  • Virginië se wet op die beskerming van verbruikerdata (VCDPA);
  • Colorado se privaatheidswet (CPA);
  • Connecticut se wet oor die privaatheid van persoonlike data en aanlyn monitering (CTDPA); en
  • Utah se wet op verbruikerprivaatheid (UCPA)

Soos ander tegnologie- en kommunikasiemaatskappye ontvang Google gereeld versoeke van regerings en howe van oor die hele wêreld om gebruikerdata openbaar te maak. Respek vir die privaatheid en sekuriteit van data wat jy by Google berg, vorm die grondslag van ons benadering om aan hierdie regsversoeke te voldoen. Ons regspan gaan elke versoek na, ongeag watter soort dit is, en ons bied gereeld teenstand wanneer 'n versoek te wyd lyk of nie die korrekte proses volg nie. Kom meer te wete in ons Deursigtigheidverslag.

sensitiewe kategorieë

Wanneer ons vir jou gepersonaliseerde advertensies wys, gebruik ons onderwerpe waarin ons dink jy dalk sal belangstel, gegrond op jou aktiwiteit. Jy kan byvoorbeeld advertensies vir dinge soos "Kosmaak en resepte" of "Lugreise” sien. Ons gebruik nie onderwerpe of wys nie gepersonaliseerde advertensies gegrond op sensitiewe kategorieë soos ras, godsdiens, seksuele oriëntasie of gesondheid nie. En ons verwag dieselfde van adverteerders wat ons dienste gebruik.

Sensordata van jou toestel af

Jou toestel kan sensors hê wat gebruik kan word om jou ligging en beweging beter te verstaan. Byvoorbeeld, ’n versnellingsmeter kan gebruik word om jou spoed te bepaal en ’n giroskoop om uit te werk in watter rigting jy beweeg. Kom meer te wete oor hoe ons ligginginligting gebruik.

spesifieke Google-dienste

Byvoorbeeld, jy kan jou blog van Blogger af of 'n Google-werf wat jy besit van Google Sites af uitvee. Jy kan ook resensies wat jy op programme, speletjies en ander inhoud in die Play Winkel geplaas het, uitvee.

spesifieke vennote

Byvoorbeeld, ons laat YouTube-skeppers en -adverteerders toe om saam met metingmaatskappye te werk om met gebruik van webkoekies of soortgelyke tegnologieë meer te wete te kom oor die gehoor van hul YouTube-video's of -advertensies. Nog 'n voorbeeld is handelaars op ons inkopiebladsye wat webkoekies gebruik om vas te stel hoeveel verskillende mense hul produklysinskrywings sien. Kom meer te wete oor hierdie vennote en hoe hulle jou inligting gebruik.

spoor misbruik op

Wanneer ons strooipos, wanware, onwettige inhoud (insluitend materiaal met seksuele kindermishandeling en -uitbuiting), en ander vorme van misbruik in stryd met ons beleid op ons stelsels bespeur, kan ons jou rekening deaktiveer of ander gepaste stappe doen. Onder sekere omstandighede kan ons die oortreding ook aan die relevante owerhede rapporteer.

Stem- en oudio-inligting

Jy kan byvoorbeeld kies of jy wil hê dat Google 'n oudio-opname in jou Google-rekening moet stoor wanneer jy interaksie met Google Search, Assistent en Maps het. Wanneer jou toestel 'n oudioaktiveringopdrag, soos "Ok Google", hoor, neem Google jou stem en oudio plus 'n paar sekondes voor die aktivering op. Kom meer te wete

toestelle

Byvoorbeeld, ons kan inligting van jou toestelle af gebruik om jou te help besluit watter toestel jy wil gebruik om 'n program te installeer of 'n fliek te kyk wat jy by Google Play koop. Ons gebruik ook hierdie inligting om jou rekening te beskerm.

veiligheid en betroubaarheid

'n Paar voorbeelde van hoe ons jou inligting gebruik om te help om ons dienste veilig en betroubaar te hou, sluit in:

  • Insameling en ontleding van IP-adresse en webkoekiedata om teen geoutomatiseerde misbruik te beskerm. Die misbruik het baie gedaantes, soos om strooipos aan Gmail-gebruikers te stuur, geld by adverteerders te steel deur op bedrieglike wyse op advertensies te klik of om inhoud te sensor deur 'n Verspreide Diensontsegging (DDoS)-aanval.
  • Die “laaste rekeningaktiwiteit”-kenmerk in Gmail kan jou help om uit te vind of en wanneer iemand sonder jou wete by jou e-pos ingegaan het. Hierdie kenmerk wys vir jou inligting oor onlangse aktiwiteit, soos die IP-adresse wat toegang tot jou pos verkry het, die geassosieerde ligging asook die tyd en datum. Kom meer te wete

verseker en verbeter

Byvoorbeeld, ons ontleed hoe mense op advertensies reageer om die prestasie van ons advertensies te verbeter.

werk saam met Google

Daar is meer as 2 miljoen nie-Google-webwerwe en -programme wat met Google saamwerk om advertensies te wys. Kom meer te wete

Wanneer baie mense vir iets begin soek, kan dit nuttige inligting oor bepaalde neigings op daardie tydstip bied. Google Neigings ontleed Google-websoektogte om die gewildheid van soektogte wat oor 'n sekere tydperk gedoen is, te beraam en deel daardie resultate publiek in saamgestelde terme. Kom meer te wete

Google-programme
Hoofkieslys